Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Hier's ons almal tesaam " deur KOOS DU PLESSIS
" Hier's ons almal tesaam " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61907] Sa, 11 Mei 2002 00:24
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hier's ons almal tesaam
Koos du Plessis

Hier's ons almal tesaam,
net in vriendskap se naam,
met ons erns en luim;
met ons doen en versuim.

Laat die sorge vereers.
Laat net vreugde hier heers,
want oor die rand van die glas
lyk dit al's nommerpas.

In die nag veg 'n vuur
teen die donkerste uur.
Daar's nog tyd vir plesier;
as die vlamme net duur,
kan ons lag, skerts en sing
en die onrus verdring,
want deur die glasie se steel
lyk die wêreld weer heel.

Hier's ons almal tesaam,
net in vriendskap in naam,
met ons erns en luim;
met ons doen en versuim.

Oor die rand van die glas
lyk ons almal uit pas
en deur die glasie se steel
lyk die wêreld verdeel.

Oor die rand van die glas
is ons almal uit pas
en deur die glasie se steel
is die wêreld verdeel.
Vorige onderwerp: "Mornay " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Pretoria " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:08:32 MGT 2024